Besprekings
Neem kennis geen een nag besprekings word vir naweke aanvaar nie (Vrydae en Saterdae)
Besprekings kan hieronder aanlyn gedoen word. U kan ook telefonies, of per epos bespreek.
NEEM KENNIS DAT TARIEWE JAARLIKS OP 1 MAART SAL VERHOOG.
U kan in die spesiale vereistes gedeelte vra vir ‘n spesifieke eenheid. Indien die eenheid beskikbaar is, sal die bespreking vir u aangestuur word met verdere inligting, anders sal die beste moontlike opsie vir u beskikbaar gestel word.
Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48 uur om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7 dae voor aankoms vereffen word. Toegang sal geweier word indien betaling nog nie ontvang is nie.
Geen besprekings mag na ‘n ander persoon oorgedra word nie.
Inligting oor tariewe, soos uiteengesit op die webwerf se tarieweskakel, asook die tariefdokument daar beskikbaar, is streng van toepassing.
Neem asseblief kennis dat handdoeke en braairoosters nie voorsien word nie. Enige ekstras moet self saamgebring word. Braairoosters kan by die kantoor geleen word, maar moet vooraf gereël word.
GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!
Geen instandhoudingwerkers sal toegelaat word om van die akkommodasie-geriewe te gebruik terwyl hulle aan ‘n projek, by die oord of op ‘n ander plek, werk nie.
Aankomstyd: 14:00 Vertrektyd: 10:00
Gaste kan ‘n versoek aan die kantoor rig om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R100 per huis en R60 per staanplek, afhangende van beskikbaarheid.
Hoogseisoenbesprekings word anders hanteer en maak op 1 Desember 08:00 oop vir die volgende jaar.
Die helfte van die totale bedrag van hoogseisoenbesprekings moet voor 30 April betaal wees en die balans moet voor 31 Oktober vereffen wees.
In die geval waar ‘n kliënt wil kanselleer, sal die volgende bepalings en voorwaardes geld:
• ‘n Kansellasiefooi van R70 sal by alle kansellasies afgetrek word.
• Indien ‘n kliënt binne 13 dae voor aankoms kanselleer, sal alle gelde betaal, verbeur word.
• Kansellasies tussen 14 en 29 dae voor aankoms, sal u 50% van akkommodasiegelde verbeur.
• Kansellasies tussen 30 en 59 dae voor aankoms, sal u 50% van die deposito verbeur word.
• Kansellasies tussen 60 en 89 dae voor aankoms, sal u 25% van die deposito verbeur word.
• Kansellasies langer as 90 dae voor aankoms sal u slegs die R 70 kansellasiefooi verloor.
Stuur asseblief ‘n epos indien u wil kanselleer met die volledige bankbesonderhede waarheen die gelde terugbetaal moet word. Let wel dat uitbetalings onderhewig is aan die goedkeuring van die bestuur.