[google-translator]
044 879 1010

                                     Strandhuis KO 10

Seefront Huis KO10
Seefront Huis KO10 Stoep Aansig
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Seefront Huis KO10 Voor Aansig
Seefront Huis KO10 Stoep Uitsig
Seefront Huis KO10
Seefront Huis KO10 Stoep Aansig
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Strandhuis KO 10 Dwarswegstrandoord
Seefront Huis KO10 Voor Aansig
Seefront Huis KO10 Stoep Uitsig
previous arrow
next arrow

 

Verwysingsnommer: 

Strandhuis KO 10

Tipe Akkommodasie: 

Selfsorg

Ligging: Seefront
Uitsig: See
Slaap: 6

Kameruitleg:

3 Slaapkamers
Slaapkamer 1: 1 x Dubbelbed
Slaapkamer 2: 2 x Enkelbeddens
Slaapkamer 3: 1 x Stapelbed
2 Badkamers, een met ‘n bad en toilet en een met stort en toilet

Die eenheid is toegerus met:

  • Kombuis met stoof en oond
  • Yskas/vrieskas
  • Mikrogolfoond
  • TV met DSTV Business Stay Essential pakket
  • Buitebraai met see-uitsig
  • Kluis

    Beskrywing van Strandhuis KO 10

    • Die eenheid is op die seefront geleë en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor ‘n dubbelbed, die tweede kamer oor 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer is ingerig met ‘n stapelbed. Al die kamers het ingeboude kaste en linne word voorsien. Skoon linne word ongeveer elke 7 dae verskaf vir kliënte wat langer as 7 dae bly.
    • Daar is ‘n kluis in die hoofslaapkamer vir waardevolle besittings.
    • Hierdie eenheid het 2 badkamers, een met ‘n bad en ‘n toilet en een met ‘n stort en toilet.
    • Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, kookgerei, eetgerei, asook ‘n ketel, broodrooster, mikrogolfoond en yskas met ‘n vriesgedeelte bo. ‘n Vadoek, sponsie en skottelgoedwaslappie word voorsien. Bring asseblief u eie ekstras saam.
    • Die sitkamer kyk uit oor die see deur die skuifdeur wat op die stoep uitgaan. Daar is ‘n platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.
    • Daar is ook ‘n eetkamer met ‘n groot tafel om, op reënerige dae, binne te kuier.
    • Daar is ‘n lieflike stoep wat oor die see en Mosselbaai uitkyk, met ‘n geboude braai aan die weste kant. Die hele stoep en braai is onder ‘n afdak, met ‘n tafel en stoele om heerlik buite te eet en te kuier terwyl jy die asemrowende uitsig van see en strand geniet.
    • Daar is onderdakparkering by die agterdeur van die eenheid met ‘n rolstoelvriendelike oprit.