[google-translator]
044 879 1010

Dwarswegstrandoord is ’n stukkie hemel op aarde! Hierdie vakansieoord is teen die strand geleë en het ‘n karavaanpark en selfsorgeenhede.

Daar is seefront en nie-seefront staanplekke op gras of plaveisel, asook verskeie seefront en nie-seefront selfsorgeenhede.

Hierdie unieke wegbreekplek lê op die Tuinroete, tussen Mosselbaai en George. Met ’n ligging halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth is dit die ideale rusplek langs die langpad.

Via die N2 is die George Lughawe slegs 16,3km ver. Verskeie taxidienste en huurmotoropsies is beskikbaar – dit stel besoekers wat per vliegtuig reis in staat om maklik te kan rondbeweeg.

Die gesellige see-uitsig akkommodasie, ‘n matige klimaat, kalm atmosfeer en silwerskoon strande maak van hierdie oord ’n gesogte bestemming.

Met Hartenbos en Mosselbaai net ’n klipgooi ver is ‘n wye verskeidenheid genotvolle aktiwiteite binne bereik. Dus: naby genoeg aan heerlike vermaak, maar ook ver genoeg om ’n rustige atmosfeer te waarborg. Dwarswegstrandoord is die ideale bestemming om te kan afskakel en te ontspan.

Die oord is deel van die Wes-Kaapse Oord Vereniging (Western Cape Resort Association) en Mosselbaai Toerisme. Dit is gegradeer deur CaravanParks.com, asook deur die Suid-Afrikaanse Toerisme Graderingsraad (Woonwapark: 4-ster; Selfsorgeenhede: 3-ster).

Streng toegangsbeheer word by die ingang van die oord toegepas en sekuriteitwagte is 24/7 aan diens. Veiligheid word dus hoog op prys gestel en gaste kan met ’n geruste hart kuier en ontspan.  

Tariewe 2024

Wat Ons Kliënte Van Ons Sê

Neem Kennis van Die Aanlynbesprekings

2025 Hoogseisoen Besprekings

Neem kennis geen een nag besprekings word vir naweke aanvaar nie (Vrydae en Saterdae).

 

Woonwa Staanplek 21

WOONWAPARK

 

Die woonwapark is teen die strand geleë en beskik oor 34 staanplekke.

Elke staanplek het sy eie braai (bring asseblief u eie braai rooster) en 15-ampere driepunt kragpunt.

Elke kampeerder kry ‘n sleutelkode om toegang tot die goed-ingerigte ablusieblok te bekom……>

Meer Inligting

KO5-6

Strandhuise

 

Dwarswegstrandoord het 2 vier-slaapkamer huise, 3 drie-slaapkamer huise en 6 twee-slaapkamer huise op die strand.

Die 4 slaapkamer seefront huise het ‘n dubbelbed, 4 enkelbeddens en ‘n stapelbed.

Die 3 slaapkamer seefront huise het ‘n dubbelbed, 2 enkelbeddens en ‘n stapelbed. ……..>

Meer Inligting

Seefront Woonstel 7A

Strandwoonstelle

 

Die oord het 9 strandwoonstelle, elk met ‘n motorafdak. Daar is ‘n onderdak braai op die stoep wat uitkyk op die see.

Bring asseblief u eie braai rooster saam. Elke eenheid het slaap plek vir 2 persone, van die woonstelle het ‘n dubbelbed en ander 2 enkelbeddens. Die woonstel het ‘n badkamer met ‘n stort en ‘n toilet.
Die kombuis het ‘n ketel, ……>

Meer Inligting

Helena Lochner Woonstelle Voor Aansig

Woonstelle

 

Die oord het vier grondvlak woonstelle en vyf dupleks woonstelle.

Die woonstelle is agter die huise geleë, elk met hul eie Motorafdak.

Elke woonstel het twee slaapkamers, een met ‘n dubbelbed en een met twee enkelbeddens/stapelbed. Daar is ‘n ekstra enkelbed of slaapbank in die sitkamer…..>

Meer Inligting