Meer inligting oor Strandhuise by Dwarswegstrandoord
- Dwarswegstrandoord het 6 tweeslaapkamerhuise, 3 drieslaapkamerhuise en 2 vierslaapkamerhuise op die strand.
- Die tweeslaapkamer-seefronthuise (KO1–KO6) beskik oor een dubbelbed en twee enkelbeddens. KO1–KO6 het ook ‘n slaapbank vir ‘n vyfde persoon (teen ‘n addisionele tarief).
- Elk het ‘n badkamer met ‘n toilet, wasbak en stort.
- Die drieslaapkamer-seefronthuise (KO7, KO10 en KO11) het ‘n dubbelbed, 2 enkelbeddens en ‘n stapelbed. Elk het ‘n badkamer met ‘n toilet, wasbak en stort, en ‘n tweede badkamer met ‘n toilet, wasbak en bad.
- Die vierslaapkamer-seefronthuise het elk twee badkamers met ‘n toilet, wasbak en stort. KO8 het twee dubbelbeddens, 2 enkelbeddens en ‘n stapelbed en KO9 het ‘n dubbelbed, 4 enkelbeddens en ‘n stapelbed.
- Die seefronthuise het ‘n onderdakbraai op die stoep, wat oor die see uitkyk. Elke huis het ook ‘n motorafdak.
- Die kombuis is toegerus met ‘n ketel, mikrogolfoond, yskas/vrieskas, induksieplaat met oond en elektriese broodrooster.
- Daar is breekware en eetgerei asook ander basiese kombuisware.
- Elke eenheid het ‘n televisie met DSTV Business Stay Essential pakket.
Neem asseblief kennis:
- Geen handdoeke word voorsien nie.
- Geen fasiliteite vir huishulpe is beskikbaar nie.
- Daar is gratis WiFi in elke eenheid beskikbaar.
Hoe om ‘n bespreking te maak
Kyk na die kaart hieronder en besluit watter strandhuis u graag sal wil bespreek. Gaan kyk dan gerus na die betrokke huis vir meer inligting.
U kan telefonies, per e-pos of aanlyn bespreek. Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48uur om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7dae voor aankoms vereffen word.
Let wel dat besprekings vir die Hoogseisoen deur middel van aanlyn-besprekingstelsel hanteer word. Die datums waarop besprekings aanlyn sal plaasvind sal op die laaste twee Saterdae van November val.
Met aanlynbesprekings is ’n 40% deposito onmiddellik betaalbaar om u bespreking te verseker. Die balans vir Hoogseisoen besprekings is betaalbaar teen die einde van Oktober.
GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!
Aankomstyd: 14:00 Vertrektyd: 10:00
Gaste kan ‘n versoek aan die kantoor rig om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R150 per huis of R80 per kampplek, afhangende van beskikbaarheid.











