[google-translator]
044 879 1010

Strandhuise

Meer inligting oor Strandhuise by Dwarswegstrandoord

  • Dwarswegstrandoord het 6 tweeslaapkamerhuise, 3 drieslaapkamerhuise en 2 vierslaapkamerhuise op die strand.
  • Die tweeslaapkamer-seefronthuise (KO1 – 6) het ‘n dubbelbed en 2 enkelbeddens. KO1 – 4 het ook ‘n slaapbank in die sitkamer vir ‘n 5de persoon. Elk het ‘n badkamer met ‘n toilet, wasbak en stort.
  • Die drieslaapkamer-seefronthuise (KO7, KO10 en KO11) het ‘n dubbelbed, 2 enkelbeddens en ‘n stapelbed. Elk het ‘n badkamer met ‘n toilet, wasbak en stort, en ‘n tweede badkamer met ‘n toilet, wasbak en bad.
  • Die vierslaapkamer-seefronthuise het elk twee badkamers met ‘n toilet, wasbak en stort. KO8 het twee dubbelbeddens, 2 enkelbeddens en ‘n stapelbed en KO9 het ‘n dubbelbed, 4 enkelbeddens en ‘n stapelbed.
  • Die seefronthuise het ‘n onderdakbraai op die stoep, wat oor die see uitkyk. Elke huis het ook ‘n motorafdak.
  • Die kombuis is toegerus met ‘n ketel, mikrogolfoond, yskas/vrieskas, drieplaatstoof/induksieplaat met oond en elektriese broodrooster.
  • Daar is breekware en eetgerei asook ander basiese kombuisware.
  • Elke eenheid het ‘n televisie met DSTV Business Stay Essential pakket.

Neem asseblief kennis:

  • Geen handdoeke word voorsien nie. 
  • Geen fasiliteite vir huishulpe is beskikbaar nie.

 

Hoe om ‘n bespreking te maak

Kyk na die kaart hieronder en besluit watter strandhuis u graag sal wil bespreek. Gaan kyk dan gerus na die betrokke woonstel vir meer inligting.

U kan telefonies, per e-pos of aanlyn bespreek. Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48uur om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7dae voor aankoms vereffen word.

Let wel dat besprekings vir die hoogseisoen deur middel van aanlynbespreking- stelsel hanteer word (sien datums op die tarieflys). Met aanlynbesprekings is ’n 40% deposito onmiddelik betaalbaar om u bespreking te verseker. Die balans vir hoogseisoen besprekings is betaalbaar teen die einde van Oktober.

GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!

Geen instandhoudingswerkers sal toegelaat word om van die akkommodasie-geriewe gebruik te maak terwyl hulle aan ‘n projek by die oord of op ‘n ander plek werk nie.
Aankomstyd: 14:00 Vertrek Tyd: 10:00

Gaste kan ‘n versoek rig aan die kantoor om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R100 per huis of R 60 per kampplek, afhangende van beskikbaarheid.

Seefront Huis KO1 Voor Aansig

Strandhuis KO 1

Seefront Huis KO2

Strandhuis KO 2

Seefront Huis KO3

Strandhuis KO 3

Seefront Huis KO4

Strandhuis KO 4

KO5-1

Strandhuis KO 5

KO6

Strandhuis KO 6

Seefront Huis KO7

Strandhuis KO 7

Seefront Huis KO8 Voor Aansig

Strandhuis KO 8

Seefront Huis KO8

Strandhuis KO 9

Seefront Huis KO10

Strandhuis KO 10

Seefront Huis KO11

Strandhuis KO 11

Strandhuisligging

Verblyfuitleg Strandhuise