Meer inligting oor die Woonwapark by Dwarswegstrandoord
Die karavaanpark is teen die strand geleë en beskik oor 34 staanplekke.
Elke staanplek het sy eie braai (bring asseblief u eie braairooster) en 15-ampère driepuntkragpunt. Elke kampeerder kry ‘n sleutelkode om toegang tot die ablusieblok te verkry.
Die karavaanpark het ook ‘n opwaskamer, wasmasjiene, tuimeldroërs en strykplanke (bring asseblief u eie strykyster).
Maksimum van 6 mense (insluitend kinders en babas) en 1 voertuig per staanplek word toegelaat.
Slegs grondseile van net word toegelaat.
Hoe om ‘n bespreking te maak
Kyk na die kaart hier onder en besluit watter staanplek u graag sal wil bespreek. Gaan kyk dan gerus na die betrokke staanplek vir meer inligting. U kan ‘n navraagvorm invul of aanlyn bespreek. Indien die staanplek beskikbaar is, sal die bespreking vir u aangestuur word met verdere inligting.
Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48 uur kans om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7 dae voor aankoms vereffen word. Let wel dat besprekings vir die Hoogseisoen anders hanteer word.
GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!
Geen instandhoudingwerkers sal toegelaat word om van die akkommodasie-geriewe te gebruik terwyl hulle aan ‘n projek, by die oord of op ‘n ander plek, werk nie.
Aankomstyd: 15h00 Vertrektyd: 10h00
Gaste kan ‘n versoek aan die kantoor rig om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R30, afhangende van beskikbaarheid.
