Die woonstelle is vernoem na die bekende skrywer, Helena JF Lochner (1892 – 1951).
Sy was ‘n onderwyseres, maar het veral bekendheid verwerf vir haar kinderboeke, waarvan meer as ‘n honderd gepubliseer is. Sy is oorlede op 15 Julie 1951 en het haar huis op Bloubergstrand aan die SAOU bemaak as vakansie verblyf vir onderwysers.
Die eiendom is verkoop en ‘n fonds is gestig waarmee die woonstelle in 1992 gebou is om SAOU-lede in staat te stel om ‘n vakansie by die see deur te bring.
Met die vernoeming van hierdie woonstelle eer die SAOU haar nagedagtenis.
Meer inligting oor Woonstelle by Dwarswegstrandoord
- Die oord het vier grondvloerwoonstelle en vyf duplekswoonstelle.
- Die woonstelle is agter die huise geleë, elk met hul eie motorafdak.
- Elke woonstel het twee slaapkamers, een met ‘n dubbelbed en een met twee enkelbeddens(grondvloerwoonstelle) of ‘n stapelbed(duplekswoonstelle).
- Daar is ‘n ekstra enkelbed, of slaapbank in die sitkamer.
- Elke badkamer het ‘n toilet, wasbak en stort.
- Die kombuis is toegerus met ‘n ketel, mikrogolfoond, yskas/vrieskas, drieplaatstoof met oond en elektriese broodrooster.
- Daar is breekware en eetgerei asook ander basiese kombuisware.
- Elke woonstel het ‘n televisie met DSTV Business Stay Essential pakket.
- Daar is onderdak stoepe met geboude braaiers aan die voorkant van die grondvlakwoonstelle, en aan die agterkant van die duplekswoonstelle.
Neem asseblief kennis:
- Geen handdoeke word voorsien nie.
- Geen fasiliteite vir huishulpe is beskikbaar nie.
Hoe om ‘n bespreking te maak
Kyk na die kaart hieronder en besluit watter woonstel u graag sal wil bespreek. Gaan kyk dan gerus na die betrokke woonstel vir meer inligting.
U kan telefonies, per e-pos of aanlyn bespreek. Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48uur om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7dae voor aankoms vereffen word.
Let wel dat besprekings vir die hoogseisoen deur middel van aanlynbespreking- stelsel hanteer word (sien datums op die tarieflys). Met aanlynbesprekings is ’n 40% deposito onmiddelik betaalbaar om u bespreking te verseker. Die balans vir hoogseisoen besprekings is betaalbaar teen die einde van Oktober.
GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!
Geen instandhoudingswerkers sal toegelaat word om van die akkommodasie-geriewe gebruik te maak terwyl hulle aan ‘n projek by die oord of op ‘n ander plek werk nie.
Aankomstyd: 14:00 Vertrek Tyd: 10:00
Gaste kan ‘n versoek rig aan die kantoor om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R100 per huis of R 60 per kampplek, afhangende van beskikbaarheid.