Meer inligting oor Strandwoonstelle by Dwarswegstrandoord
- Daar is 9 eenslaapkamer-woonstelle.
- W1A – W6A het aangrensende tweeslaapkamer huise.
- W7A, W10A en W11A is elkeen aangrensend aan ‘n 3-slaapkamerhuis.
- W1A – W3A is elk toegerus met 2 enkelbeddens.
- W4A – W7A, W10A en W11A het elk ‘n dubbelbed.
- Al die eenhede het ‘n badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet.
- Die eenhede het ‘n oopplan kombuis en sitkamer wat uitloop op die stoep aan die seekant met ‘n lieflike onderdakbraai.
- Die kombuis is toegerus met ‘n ketel, mikrogolfoond, yskas/vrieskas, induksieplaat en ‘n elektriese broodrooster.
- Daar is breekware en eetgerei asook ander basiese kombuisware.
- Elke woonstel het ‘n televisie met DSTV Business Stay Essential pakket
Neem asseblief kennis:
- Geen handdoeke word voorsien nie.
- Geen fasiliteite vir huishulpe is beskikbaar nie.
- Daar is gratis WiFi in elke eenheid beskikbaar.
Hoe om ‘n bespreking te maak
Kyk na die kaart hieronder en besluit watter strandwoonstel u graag sal wil bespreek. Gaan kyk dan gerus na die betrokke woonstel vir meer inligting.
U kan telefonies, per e-pos of aanlyn bespreek. Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48uur om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7dae voor aankoms vereffen word.
Let wel dat besprekings vir die Hoogseisoen deur middel van aanlyn-besprekingstelsel hanteer word. Die datums waarop besprekings aanlyn sal plaasvind sal op die laaste twee Saterdae van November val.
Met aanlynbesprekings is ’n 40% deposito onmiddellik betaalbaar om u bespreking te verseker. Die balans vir Hoogseisoen besprekings is betaalbaar teen die einde van Oktober.
GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!
Aankomstyd: 14:00 Vertrektyd: 10:00
Gaste kan ‘n versoek aan die kantoor rig om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R150 per huis of R80 per kampplek, afhangende van beskikbaarheid.