Nie-seefront Duplekswoonstel 8
[smartslider3 slider=”23″]
Verwysingsnommer:
HL Woonstel 8
Tipe Akkommodasie:
Selfsorg
Ligging: Nie-seefront
Afstand Na See: Loopafstand,
± 150m van die strand
Slaap: 5
Kameruitleg:
2 Slaapkamers
Slaapkamer 1: 1 Dubbelbed
Slaapkamer 2: 1 Stapelbed
Sitkamer het ‘n ekstra enkelbed vir ‘n 5de persoon
1 Badkamer met ‘n stort en toilet
Die eenheid is toegerus met:
- Kombuis met ‘n stoof en oond
- Yskas/vrieskas
- Mikrogolfoond
- ‘n Platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.
- Kluis
Beskrywing van HL Woonstel 8
- Die eenheid is nie seefront nie, maar wel binne loopafstand (± 150m) van die strand af. Daar is slegs 1 ry huise en die grondvlakwoonstelle tussen hulle en die see, met ‘n mooi see-uitsig vanuit die hoofslaapkamer.
- Daar is 2 slaapkamers op die boonste vlak. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed in en die tweede kamer, het ‘n stapelbed. Al die kamers het ingeboude kaste en linne word voorsien. Skoon linne word ongeveer elke 7 dae verskaf vir kliënte wat langer as 7 dae bly.
- Daar is ‘n kluis in die hoofslaapkamer vir waardevolle besittings.
- Hierdie eenheid het 1 badkamer op die boonste vlak, met ‘n stort en toilet.
- Die kombuis is op die grondvlak en is toegerus met ‘n stoof, oond, kookgerei, eetgerei, asook ‘n ketel, broodrooster, mikrogolfoond en yskas met ‘n vriesgedeelte bo. ‘n Vadoek, sponsie en skottelgoedwaslappie word voorsien. Bring asseblief u eie ekstras saam.
- Die sitkamer is ook op die grondvlak met ‘n ekstra enkelbed vir ‘n 5de persoon.
- Daar is ‘n platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.
- Daar is ‘n geboude braai aan die voorkant van die eenheid en onderdakparkering by die agterdeur van die eenheid.