044 345 6789

Strandwoonstel W1A

Seefront Woonstel 1A Voor Aansig
Seefront Woonstel 1A
Seefront Woonstel 1A Voor Aansig
W1A-2
W1A-3
W1A-4
W1A-5
W1A-6
W1A-7
Seefront Woonstel 1A
previous arrow
next arrow

 

Verwysingsnommer: W1A

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Ligging: Seefront
Uitsig: See
Slaap: 2

Kameruitleg:

1 Slaapkamer
Slaapkamer:  2 x Enkelbeddens
1 Badkamer met ‘n stort en toilet

 

Die eenheid is toegerus met:

  • Kombuis met Induksieplaat
  • Yskas/vrieskas
  • Mikrogolfoond
  • ‘n Platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.

Beskrywing van Strandwoonstel W1A

  • Die eenheid is op die seefront geleë en het 1 slaapkamer. Die slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Die kamer het ingeboude kaste en linne word voorsien. Skoon linne word ongeveer elke 7 dae verskaf vir kliënte wat langer as 7 dae bly.
  • Daar is nie ‘n kluis in die eenheid nie.
  • Hierdie eenheid het 1 badkamer, met ‘n stort en toilet.
  • Die kombuis is toegerus met ‘n induksieplaat, kookgerei, eetgerei, asook ‘n ketel, broodrooster, mikrogolfoond en yskas met ‘n vriesgedeelte bo. ‘n Vadoek, en skottelgoedwaslappie word voorsien. Bring asseblief u eie ekstras saam.
  • Die sitkamer kyk uit oor die see deur die skuifdeur wat op die stoep uitgaan. Daar is ‘n platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.
  • Daar is ‘n lieflike stoep wat oor die see en Mosselbaai uitkyk, met ‘n geboude braai aan die weste kant.
  • Die hele stoep en braai is onder ‘n afdak, met ‘n tafel en stoele om heerlik buite te eet en te kuier terwyl jy die asemrowende uitsig van see en strand geniet.
  • Daar is onderdakparkering by die agterdeur van die eenheid.