
Besprekings vir Desember 2026 en Januarie 2027 open op 22 November 2025 vir die Woonwapark en op 29 November 2025 vir die Selfsorgeenhede.
Albei om 09:00 aanlyn die oggend.
Let wel:
– Slegs besprekings wat deur ons webtuiste gemaak word, sal oorweeg en goedgekeur word.
– 40% Deposito is onmiddellik betaalbaar.
Hoe om ‘n bespreking te maak
BELANGRIKE INLIGTING, neem kennis:
1.1 Dat daar ‘n ekstra fooi gehef gaan word vir een-nag besprekings.
1.2 Besprekings kan hieronder aanlyn gedoen word.
BEHALWE besprekings vir die Hoogseisoen, dit word slegs deur middel van aanlynbespreking-stelsel hanteer.
Met aanlynbesprekings moet ‘n 40% deposito onmiddellik betaal word om u bespreking te verserker.
Die balans vir Hoogseisoen-besprekings is betaalbaar teen die einde van Oktober.
1.3 Die tariewe word jaarliks op 1 Maart verhoog.
1.4 Geen besprekings mag na ‘n ander persoon oorgedra word nie.
Inligting oor tariewe, soos uiteengesit op die webwerf se tarieweskakel, asook die tariefdokument daar beskikbaar, is streng van toepassing.
1.5 Gaste in die wooneenhede moet hul eie:
- Braairooster en handdoeke saambring.
- Opwasseep en toiletpapier word eenmalig voorsien.
1.6 GEEN TROETELDIERE WORD TOEGELAAT NIE!
1.7 Geen instandhoudingwerkers sal toegelaat word om van die akkommodasie-geriewe te gebruik terwyl hulle aan ‘n projek, by die oord of op ‘n ander plek, werk nie.
1.8 Aankomstyd: 14:00 Vertrektyd: 10:00 –
Gaste kan ‘n versoek aan die kantoor rig om vroeër te arriveer of later te vertrek, teen ‘n addisionele fooi van R150 per huis en R80 per staanplek, afhangende van beskikbaarheid.
BESPREKINGS PER E-POS OF TELEFONIES: (Hoogseisoen uitgesluit)
Indien u per e-pos of telefoniese bespreek:
Sodra u die besprekingsdokumentasie ontvang, het u 48 uur om die deposito te betaal om u bespreking te bevestig. Indien betaling nie geskied nie, sal die bespreking gekanselleer word. Die balans moet 7 dae voor aankoms vereffen word. Toegang sal geweier word indien betaling nog nie ontvang is nie.
In die geval waar ‘n kliënt wil kanselleer, sal die volgende bepalings en voorwaardes geld:
• ‘n Kansellasiefooi van R120 sal by alle kansellasies afgetrek word.
• Indien ‘n kliënt binne 13 dae voor aankoms kanselleer, sal alle gelde betaal verbeur word.
• Kansellasies tussen 14 en 29 dae voor aankoms, sal u 50% van akkommodasie gelde verbeur.
• Kansellasies tussen 30 en 59 dae voor aankoms, sal u 50% van die deposito verbeur.
• Kansellasies tussen 60 en 89 dae voor aankoms, sal u 25% van die deposito verbeur.
• Kansellasies langer as 90 dae voor aankoms sal u slegs die R 120 kansellasiefooi verloor.
Stuur asseblief ‘n epos indien u wil kanselleer met die volledige bankbesonderhede ondersteun met ‘n bankbrief waarheen die gelde terugbetaal moet word. Let wel dat uitbetalings onderhewig is aan die goedkeuring van die bestuur.