044 345 6789

Strandhuis KO 4

Seefront Huis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Seefront Huis KO4 Voor Aansig
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Seefront Huis KO4 Voor Aansig
Seefront Huis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Seefront Huis KO4 Voor Aansig
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Strandhuis KO4
Seefront Huis KO4 Voor Aansig
previous arrow
next arrow

 

Verwysingsnommer: Strandhuis KO 4

Tipe Akkommodasie: Selfsorg

Ligging: Seefront
Uitsig: See
Slaap: 5

Kameruitleg:

2 Slaapkamers
Slaapkamer 1: 1 x Dubbelbed
Slaapkamer 2: 2 x Enkelbeddens
Slaapbank in Sitkamer
1 Badkamer met ‘n stort en toilet

 

Die eenheid is toegerus met:

  • Kombuis met stoof en oond
  • Yskas/vrieskas
  • Mikrogolfoond
  • ‘n Platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.
  • Buitebraai met see-uitsig
  • Kluis

    Beskrywing van Strandhuis KO 4 

    • Die eenheid is op die seefront geleë en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor ‘n dubbelbed en die tweede kamer oor 2 enkelbeddens. Al die kamers het ingeboude kaste en linne word voorsien. Skoon linne word ongeveer elke 7 dae verskaf vir kliënte wat langer as 7 dae bly. Daar is ‘n kluis in die hoofslaapkamer vir waardevolle besittings.
    • Hierdie eenheid het 1 badkamer, met ‘n stort en toilet.
    • Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, kookgerei, eetgerei, asook ‘n ketel, broodrooster, mikrogolfoond en yskas met ‘n vriesgedeelte bo. ‘n Vadoek, en skottelgoedwaslappie word voorsien. Bring asseblief u eie ekstras saam.
    • Die sitkamer kyk uit oor die see, deur die skuifdeur wat op die stoep uitgaan. Daar is ‘n slaapbank vir ‘n 5de persoon en ‘n platskerm-TV met die DSTV Business Stay Essential pakket.
    • Daar is ‘n lieflike stoep wat oor die see en Mosselbaai uitkyk, met ‘n geboude braai aan die weste kant. Die hele stoep en braai is onder ‘n afdak, met ‘n tafel en stoele om heerlik buite te eet en te kuier terwyl jy die asemrowende uitsig van see en strand geniet.
    • Daar is onderdakparkering by die agterdeur van die eenheid.